Eco Ventures
Rated ☆☆☆☆☆ (5.0 out of 5) based on 2 reviews.


Eco Ventures
Rated ☆☆☆☆☆ by Judith en Theana, South Africa on 3-Jun-2016 .
Namens my en Theana
Namens my en Theana wil ek graag vir jou Lizette baie dankie sê vir al jou reëlings en 'n wonderlike stap en tyd saam! Dankie dat jy ons weer veilig terug gebring het, jy is 'n vernuftige bestuurder. Om met soveel persone in 'n voertuig en soms moeilike paaie te bestuur, wil gedoen wees! Lizette en Ronell, baie dankie vir al jul bederf, liefde en vriendelikheid. Ek glo jul moes seker ook soms, agter die skerms, vinnig ander planne gemaak het en jul het dit perfek gedoen. Baie geluk!! Ronell, dankie vir al jou heerlike kos, die malvapoeding, sal my altyd bybly! Aan al die stappers, jul is regtig 'n interessante en spesiale groep mense. Was lekker om saam te stap en jul beter te leer ken. Baie dankie, Eco Ventures, ons het heerlik gebly, lekker geëet, baie geleer van die Kalahari en was ons te voet op plekke waar ons nie sonder jul sou gekom het nie! Ons het mooi prentjies en herinneringe saam gebring, wat ons nog lank sal bybly. Dit het die siel, gees en liggaam goed gedoen! Stapgroete!
Would you recommend Eco Ventures? YES

Eco Ventures
Rated ☆☆☆☆☆ by Gwyn ., South Africa on 2-Jun-2016 .
Verlede Woensdag
Verlede Woensdag was ons nog diep in die Kalahari in al daardie wonderlike rooi sand en in die 'charlets' geslaap met die aaaaasvoëls in die bome! Ons het so baie nuwe dinge ervaar, wat begin het met die stap oor die rotse en Moonrock by Augrabies en geëindig het met ons stap oor Koppieskraal Pan. Min mense kan spog dat hulle so iets ervaar het. Dit was lekker om met julle almal saam te toer en na julle stories te luister. Ek wens ons het meer tyd gehad om mekaar beter te leer ken, maar miskien sal ons mekaar weer saam vind op 'n ander toer. Dankie vir julle vriendlikheid en julle maklike geaardhede. Dit het 'n groot bydra gemaak tot die sukses van die toer. Lizette baie dankie vir al die reëlings wat jy getref het om die toer so interessant te maak en vir die 'professional' manier hoe jy alles hanteer. Jy is 'n besonderse vrou! Ronell dankie vir die heerlike kos en al die ekstra goedjies wat jy gedoen het om ons gelukkig te hou. Ek sien uit om weer van jou kos te eet. And last but not least, a big thank you to Tossie for being so cute and creeping into our hearts. Jy het my hart gewen.
Would you recommend Eco Ventures? YES

Eben Knoetzen
Cell: 083 302 4243

Lizette Olwage
Cell: 082 883 0093

Fax: 086 560 7243

Email: info@epictourssa.co.za

Thank you Frik and Lizette for an amazing experience in the Kalahari in the Northern Cape, Baviaanskloof. We enjoyed every minute of it.

John Douglas, South Africa
Read more...

Walks Program 2017
4x4 Trips 2017